Description
Afrikanerman — Vasgevang Tussen Onthou en Herontdek is die eerste wetenskaplike ondersoek na die sielkundige toestand van Afrikanermans tussen 50 en 70 jaar oud in postapartheid-Suid-Afrika.
Meer as dertig jaar ná 1994 dra Afrikanermans van die geslag tussen 50 en 70 ‘n swaar en dikwels selfgesensureerde las. Die navorsing waarop hierdie boek berus, is uitgevoer deur Markdata — ‘n SAMRA-geakkrediteerde maatskappy — oor al nege provinsies. 300 vraelyste van 88 vrae elk, 300 stemopnames en 26 400 individuele datasegmente vorm die ruggraat van die boek.
Die bevindings is ontnugterend: 86,3% beskryf ‘n gevoel van ontsaglike verlies. 87,6% ervaar anti-Afrikanersentiment as ‘n daaglikse werklikheid. 61,8% van dié met selfdoodgedagtes het al ‘n daadwerklike poging daartoe uitgevoer.
Maar die data wys ook iets anders. 80,1% ondersteun steeds die voortbestaan van Afrikanerkultuur. 63,8% wil help bou aan ‘n nuwe, inklusiewe Afrikaneridentiteit. En 84,4% glo steeds in God.
Hierdie boek is nie ‘n klaagskrif of ‘n klagskrif nie. Dit is ‘n eerlike rekord van ‘n geslag wat vasgevang is tussen verlies en hoop, en wat steeds hier is.
Skrywer: Mart-Marié Uys (PhD Sielkunde, UP). Voorwoord deur Johann Rossouw.



Reviews
There are no reviews yet.