Eerste wetenskaplike ondersoek

AFRIKANER MAN

Vasgevang Tussen Onthou en Herontdek

Mart-Marié Uys · Voorwoord deur Johann Rossouw

Nuut Afrikanerman is nou op Takealot — aflewering landwyd, veilige betaling, kopersbeskerming. R350 Koop nou
86,3%van die respondente beskryf
'n gevoel van ontsaglike verlies
87,6%ervaar anti-Afrikanersentiment
as 'n daaglikse werklikheid
63,8%wil help bou aan 'n nuwe,
inklusiewe Afrikaneridentiteit

"Ons is die seuns van die pa's wat nooit leer huil het nie, maar ons mag maar huil. Hierdie boek gee die wond lug."

— Johann Rossouw, Bloemfontein, 30 Julie 2025

Oor die boek

Afrikanerman — Vasgevang Tussen Onthou en Herontdek
R350 Sagteband · 268 bladsye

Die eerste wetenskaplike ondersoek na die Afrikanerman

Die navorsing waarop hierdie boek gebaseer is, is professioneel en onafhanklik deur die maatskappy Markdata met opgeleide, SAMRA-geakkrediteerde navorsers uitgevoer. Die navorsers het Afrikanermans tussen 50 en 70 jaar regoor Suid-Afrika, uit al nege provinsies, genader en 'n gemengde-metode-navorsingsbenadering gebruik. Die kwantitatiewe komponent het uit 300 lang vraelyste van 88 vrae elk bestaan, wat 26 400 navorsingsdatapunte opgelewer het. Daarbenewens het 300 deelnemers ook vir die kwalitatiewe navorsing elk lang stemboodskappe opgeneem wat deur wetenskaplike, uitgebreide tematiese inhoudsanalises ontleed is. Die uiteindelike transkriberings, analises en statistiese uitdrukkings van die stemboodskappe het in totaal 900 ure geverg.

Maar die data wys ook iets anders. 80,1% ondersteun steeds die voortbestaan van Afrikanerkultuur. 63,8% wil help bou aan 'n nuwe, inklusiewe Afrikaneridentiteit. En 84,4% glo steeds in God.

Hierdie boek is nie 'n klaagskrif of 'n klagskrif nie. Dit is 'n eerlike rekord van 'n geslag wat vasgevang is tussen verlies en hoop, en wat steeds hier is.

Meer oor die boek

Uittreksel

Lees 'n uittreksel

Lees 'n uittreksel uit Afrikanerman direk op hierdie bladsy. Geen registrasie vereis nie.

Lees uittreksel