Wetenskaplike grondslag
DIE NAVORSING
26 400 datapunte
Markdata · SAMRA-geakkrediteer
Wetenskaplike grondslag
Afrikanerman is nie gegrond op aannames of anekdotes nie.
Dit is gegrond op data.
Die navorsing waarop hierdie boek gebaseer is, is professioneel en onafhanklik deur die maatskappy Markdata met opgeleide, SAMRA-geakkrediteerde navorsers uitgevoer. Die navorsers het Afrikanermans tussen 50 en 70 jaar regoor Suid-Afrika, uit al nege provinsies, genader en ’n gemengde-metode-navorsingsbenadering gebruik. Die kwantitatiewe komponent het uit 300 lang vraelyste van 88 vrae elk bestaan, wat 26 400 navorsingsdatapunte opgelewer het. Daarbenewens het 300 deelnemers ook vir die kwalitatiewe navorsing elk lang stemboodskappe opgeneem wat deur wetenskaplike, uitgebreide tematiese inhoudsanalises ontleed is. Die uiteindelike transkriberings, analises en statistiese uitdrukkings van die stemboodskappe het in totaal 900 ure geverg.
voltooi
respondent
gedek
Die deelnemers
Wie het deelgeneem?
Sleutelbevindings
Die syfers
Stemme uit die navorsing
Wat respondente self gesê het
Ons het iets verloor wat nie met geld herstel kan word nie.
— Anonieme respondent, 60Ek weet wie ek was. Ek weet nie noodwendig altyd wie ek nou is nie.
— Anonieme respondent uit die navorsingsdataEk leef nie, ek wag.
— Anonieme respondent, 66Ek is nie kwaad nie. Ek is net moeg. Moeg om altyd die een te wees wat moet verduidelik hoekom ek nog Afrikanerdinge wil doen. Dit voel asof ek elke dag my bestaan moet regverdig — in my eie land.
— Anonieme respondent, 57, JohannesburgUit Johann Rossouw se voorwoord
"Enige terapeut of berader sal vir jou kan sê dat dié soort miskenning van iemand se verliese en teleurstellings net tot meer woede en trauma lei. En as 'n mens kyk na van die werklik opspraakwekkende bevindings wat Mart-Marié in haar navorsing gemaak het, kan voortaan geen verantwoordelike openbare kommentator oor my geslag Afrikanermans ons verliese en teleurstellings bloot afmaak nie."
— Johann Rossouw, Bloemfontein, 30 Julie 2025Volgende stap
Lees die volledige studie
Die volle 268 bladsye van die navorsing — met al die data, ontleding en konteks — is in die boek beskikbaar. Koop op Takealot of by 'n winkel naby jou.