Die Navorsing — Afrikanerman

Wetenskaplike grondslag

DIE NAVORSING

26 400 datapunte

Markdata · SAMRA-geakkrediteer

Afrikanerman is nie gegrond op aannames of anekdotes nie.
Dit is gegrond op data.

Die navorsing waarop hierdie boek gebaseer is, is professioneel en onafhanklik deur die maatskappy Markdata met opgeleide, SAMRA-geakkrediteerde navorsers uitgevoer. Die navorsers het Afrikanermans tussen 50 en 70 jaar regoor Suid-Afrika, uit al nege provinsies, genader en ’n gemengde-metode-navorsingsbenadering gebruik. Die kwantitatiewe komponent het uit 300 lang vraelyste van 88 vrae elk bestaan, wat 26 400 navorsingsdatapunte opgelewer het. Daarbenewens het 300 deelnemers ook vir die kwalitatiewe navorsing elk lang stemboodskappe opgeneem wat deur wetenskaplike, uitgebreide tematiese inhoudsanalises ontleed is. Die uiteindelike transkriberings, analises en statistiese uitdrukkings van die stemboodskappe het in totaal 900 ure geverg.

300vraelyste
voltooi
88vrae per
respondent
9provinsies
gedek

Wie het deelgeneem?

TeikenpopulasieAfrikanermans tussen 50 en 70 jaar oud
Steekproefgrootte300 vraelyste + 300 stemopnames
Geografiese dekkingAl nege provinsies van Suid-Afrika
NavorsingsmaatskappyMarkdata · SAMRA-geakkrediteer
NavorsingsontwerpGemengde-metode-benadering (kwantitatief + kwalitatief)
Kwantitatiewe metode300 vraelyste × 88 vrae = 26 400 datapunte
Kwalitatiewe metode300 stemopnames, ontleed deur tematiese inhoudsanalise
GehaltebeheerOpleiding van onderhoudvoerders, kontrole van onderhoude, elektroniese databestuur

Die syfers

86,3%beskryf 'n gevoel van ontsaglike verlies — van taal, finansiële sekuriteit, kulturele ruimte en 'n sin van behoort.
87,6%ervaar anti-Afrikanersentiment as 'n daaglikse werklikheid in hul lewe.
83,8%glo regstellende aksie het 'n negatiewe impak op hulle bestaan.
84,4%is steeds gelowig en glo dat geloof betekenis gee aan hul lewe.
83,6%noem Afrikaans die kern van hul identiteit.
80,1%ondersteun die voortbestaan van Afrikanerkultuur.
75,8%identifiseer nog steeds met Afrikanerskap.
69,1%rapporteer 'n vrees vir verdere politieke en ekonomiese veranderinge.
63,8%wil help bou aan 'n nuwe, inklusiewe Afrikaneridentiteit.
61,8%van dié met selfdoodgedagtes het al 'n daadwerklike poging daartoe aangewend.
22,3%ly aan depressie (ongeag formele diagnose).
10,4%het ernstige selfdoodgedagtes gerapporteer.

Wat respondente self gesê het

Ons het iets verloor wat nie met geld herstel kan word nie.

— Anonieme respondent, 60

Ek weet wie ek was. Ek weet nie noodwendig altyd wie ek nou is nie.

— Anonieme respondent uit die navorsingsdata

Ek leef nie, ek wag.

— Anonieme respondent, 66

Ek is nie kwaad nie. Ek is net moeg. Moeg om altyd die een te wees wat moet verduidelik hoekom ek nog Afrikanerdinge wil doen. Dit voel asof ek elke dag my bestaan moet regverdig — in my eie land.

— Anonieme respondent, 57, Johannesburg

"Enige terapeut of berader sal vir jou kan sê dat dié soort miskenning van iemand se verliese en teleurstellings net tot meer woede en trauma lei. En as 'n mens kyk na van die werklik opspraakwekkende bevindings wat Mart-Marié in haar navorsing gemaak het, kan voortaan geen verantwoordelike openbare kommentator oor my geslag Afrikanermans ons verliese en teleurstellings bloot afmaak nie."

— Johann Rossouw, Bloemfontein, 30 Julie 2025

Lees die volledige studie

Die volle 268 bladsye van die navorsing — met al die data, ontleding en konteks — is in die boek beskikbaar. Koop op Takealot of by 'n winkel naby jou.